BusinessNews

Sakelui verras Martha Hofmeyr-inwoners met kersete

Inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis in die stad is Maandagmiddag aangenaam verras toe personeel van Mall of the North en Game en Panarottis in dié sentrum hulle met ‘n kersete en geskenke verras het. Die gaste het weggelê aan ‘n romerige Pasta Alfredo met kaas en sampioene en yskoue vrugtesap waarna Game Mall of the …

Inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis in die stad is Maandagmiddag aangenaam verras toe personeel van Mall of the North en Game en Panarottis in dié sentrum hulle met ‘n kersete en geskenke verras het.
Die gaste het weggelê aan ‘n romerige Pasta Alfredo met kaas en sampioene en yskoue vrugtesap waarna Game Mall of the North se afdelingsbestuurder, Kiewiet Bruwer sy kersvaderpak aangetrek en ‘n stafie sjokolade aan elke inwoner uitgedeel het.
Bemarkingsbe­stuurder van Mall of the North, Mari Delport sê die funksie word elke tweede jaar aangebied met die eet-en drinkgoed wat vanjaar deur Panarottis Mall of the North geskenk is. Game Mall of the North en die sentrum het vir die inwoners se sjololade en kruideniersware wat aan die tehuis geskenk is, gesorg.
Kevin Smith woon al jare in Martha Hofmeyr Tehuis en sê hoewel hy geweet het iets spesiaals gaan gebeur hy steeds dankbaar en verras was. “Die Here is goed en Hy gebruik mense soos die sakelui van die stad om Sy goedheid en liefde aan ons te bewys. Vandag se funksie het ons lewens opgevrolik,” sê Smith.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Inwoner van Martha Hofmeyr Tehuis, Pat Benadé, voor, met bemarkingsbestuurder van Mall of the North, Mari Delport, afdelingsbestuurder van Game Mall of the North, Kiewiet Bruwer en openbare betrekkinge bestuurder van Mall of the North, Janet Chijongwana.
Inwoners van Martha Hofmeyr Tehuis, John Foster en Kitty Olivier by kersvader Kiewiet Bruwer.

Related Articles

Back to top button