Sport en Jagfederasie vereer skuts
Die plaaslike Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het Saterdag hul jaareindfunksie en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul provinsiale en nasionale prestasies vereer is. Tydens die geleentheid is juniors, senior mans en vrouens en veteraanskuts vir hul uitsonderlike prestasies vereer. Die hoogtepunt van die aand was toe Mariaan Botha, Carel de Villiers en …
Die plaaslike Suid-Afrikaanse Sport en Jagfederasie het Saterdag hul jaareindfunksie en prysuitdeling buite die stad gehou waartydens skuts vir hul provinsiale en nasionale prestasies vereer is.
Tydens die geleentheid is juniors, senior mans en vrouens en veteraanskuts vir hul uitsonderlike prestasies vereer. Die hoogtepunt van die aand was toe Mariaan Botha, Carel de Villiers en Jaco Pretorius nasionale kleure toegeken is. Hanré Willemse het ook die Ambassadeurstrofee vir uitsonderlike prestasie in skiet buite SA Sportjag-verband ontvang terwyl Hanco Willemse en Jan-Hendrik Venter as provinsiale kampioene in hul onderskeie dissiplines as o.14-skuts vereer is.
Christo Pretorius is as geweerjagkampioen, boogjagkampioen en Veelsydigste Skut van die Jaar aangewys.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com