Sport

Zanis-gimnas verwerf nasionale kleure

Deandro du Preez van Zanis Gymnastics Academy het onlangs die 25ste gimnas van dié klub geword wat in die afgelope 18 jaar Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie (SAGF)-kleure verwerf het. Volgens mede-eienaar en hoofafrigter, Zani Prinsloo, is drie van Zanis se mini-trampgim­naste vanjaar vir die SAGF-span gekies. Hulle is Amberleigh Mills en Wihan van Eeden van Zanis Tzaneen …

Deandro du Preez van Zanis Gymnastics Academy het onlangs die 25ste gimnas van dié klub geword wat in die afgelope 18 jaar Suid-Afrikaanse Gimnastiekfederasie (SAGF)-kleure verwerf het.
Volgens mede-eienaar en hoofafrigter, Zani Prinsloo, is drie van Zanis se mini-trampgim­naste vanjaar vir die SAGF-span gekies. Hulle is Amberleigh Mills en Wihan van Eeden van Zanis Tzaneen en Deandro du Preez van die plaaslike klub.
“Dus is die span van ses seuns deur twee gimnaste van Zanis verteenwoordig en kon die klub ‘n Zanis-afrigter vir die span aanwys. Dit was ‘n moeilike keuse aangesien vier afrigters met hierdie gimnaste gewerk het – Willem de Bruyn en Elmarie Bronkhorst van Tzaneen en Cecil van den Berg en Tanya Bouwman van Polokwane. Die bestuur het Bouwman as beste kandidaat aangestel omdat sy die mees senior afrigter is. Bouwman het ook SAGF-kleure ontvang,” sê Prinsloo.
Die SAGF-span word gekies op grond van gimnaste se uitslae tydens die jaarlikse Nasio­nale Gym Games in Oktober. Slegs die eerste ses gimnaste word gekies vir die mini-tramp SAGF-span.
Prinsloo is in die verlede reeds twee keer as afrigter vir die federasie se artistiese meisiespan aangewys en het ook SAGF-kleure verwerf.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button