Sport

Zenobea Jewaskiewitz ryg goud in tydens top 30 atletiekbyeenkoms

Polokwane se spogatleet, Zenobea Jewaskiewitz, het weer eens gewys dat sy vir geen teenstander hoef terug te staan wanneer sy in die wegspringblokke afsak nie nadat dié graad 12-leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) tydens die onlangse Noordwes Universiteit Skole Top 30 Atletiekbyeenkoms twee medaljes verower het. Dié byeenkoms word as die land se grootste skole-atletiekbyeenkoms …

Polokwane se spogatleet, Zenobea Jewaskiewitz, het weer eens gewys dat sy vir geen teenstander hoef terug te staan wanneer sy in die wegspringblokke afsak nie nadat dié graad 12-leerder van Hoërskool Pietersburg (PHS) tydens die onlangse Noordwes Universiteit Skole Top 30 Atletiekbyeenkoms twee medaljes verower het.
Dié byeenkoms word as die land se grootste skole-atletiekbyeenkoms beskou met meer as 2 200 atlete wat jaarlikse by die universiteit saamtrek om kragte te meet.
Zenobea se tye van 24 sekondes in die 200 m en
12 sekondes in die 100 m het haar ‘n goue- en silwermedalje in die sak besorg.
Topatlete van skole soos Prestige College, Helpmekaar Kollege, Hoërskool Menlopark en Hoërskool Monument ding jaarliks mee en ‘n hoë standaard word gehandhaaf.
Zenobea spog met byna 150 medaljes wat sy sover in haar atletiekloopbaan verwerf het en is ook tydens vanjaar se skoolprysuitdeling as Atleet van die Jaar aangewys.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button