Handgeduntes Mark groei in gewildheid

Die Handgeduntes Mark het die ideale geleentheid gebied om unieke sakpasgeskenke vir Kersfees uit ‘n groot verskeidenheid te kies en aan te koop en word jaarliks deur ‘n inspirerende groep vroue, wat hulself Kreatiwityd noem, gereël. Daarbenewens bied die mark wat in ge­wildheid toeneem aan plaaslike inwoners met vlytige vingers die geleentheid om hul werk …

Die Handgeduntes Mark het die ideale geleentheid gebied om unieke sakpasgeskenke vir Kersfees uit ‘n groot verskeidenheid te kies en aan te koop en word jaarliks deur ‘n inspirerende groep vroue, wat hulself Kreatiwityd noem, gereël.
Daarbenewens bied die mark wat in ge­wildheid toeneem aan plaaslike inwoners met vlytige vingers die geleentheid om hul werk uit te stal en te verkoop. Items wat be­skikbaar was het skilderye, uitstalborde, en juweliersware ingesluit.
Watertandeetgoed soos biltong, bokmelkkaas, dekadante broodjies en boerekos was te koop en daar was ‘n groot keuse van onder meer mampoer, wyn en gin. Die teetuin met heerlike tuisgemaakte etes en drinkgoed was ‘n oase vir moeë markgangers.
Volgens uitstallers het hulle baie belangstelling in hulle produkte gehad en verkope was goed.
Ilse Naudé wat ‘n verskeidenheid bokmelkkaas maak, sê alhoewel hulle gewoonlik net aan winkels soos Vleislapa voorsien, het hulle besluit om deel te wees. “Soveel meer weet nou van ons.”
Azelle van der Walt wat ‘n skoenreeks vervaardig, het saamgestem. “Dit was hoogs suksesvol.”
Kreatiwityd-groeplid, Erina van der Merwe het almal vir hulle ondersteuning bedank en aangemoedig om nou al aan die werk te spring vir volgende jaar se mark.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Marisa Calitz proe van die bokmelkkaas wat deur Ilse Naudé gemaak word.
Wilma en Wikus Prinsloo het iets van alles by hulle stalletjie.
Susan van der Walt by ‘n bordspeletjie wat haar oupa se breinkind is.
Azelle van der Walt by van die skoene wat oorsee vervaardig en deur haar versier word.

Related Articles

Back to top button