NewsSchools
Redenaarspanne presteer nasionaal
Die graad 5- en 7-span van Pietersburg Laerskool het uitstekend gevaar deur onder die top vyf in die land te eindig tydens die onlangse radikale redenaarsfinaal wat by Hoërskool Garsfontein gehou is. Die graad 5-span met die tema ‘Kaas help om stres te verminder’ is as naaswenners aangewys terwyl die graad 7-span met “Google weet …
Die graad 5- en 7-span van Pietersburg Laerskool het uitstekend gevaar deur onder die top vyf in die land te eindig tydens die onlangse radikale redenaarsfinaal wat by Hoërskool Garsfontein gehou is.
Die graad 5-span met die tema ‘Kaas help om stres te verminder’ is as naaswenners aangewys terwyl die graad 7-span met “Google weet nie alles nie” ‘n derde plek verower het.
Li-Mei Wessels het met haar tema ‘Vingers’ individueel deelgeneem en ‘n algehele agtste plek verower.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com