NewsSchools

Kontreifees met hoogtepunt afgesluit

Langarmdans, smullekker spitbraai, drankies en samesyn was kenmerkend van Laerskool Pietersburg-Oos se Kontreifees verlede Donderdagaand. Organiseerder, Anerett van Zyl, sê die fees dien as afsluiting vir die voorafgaande jaarlikse Kalanderfees waartydens Osies die hele week hul gate uit op glybane en in die speelpark kan geniet. Gaste is met die liedjieskrywer en sanger uit Namakwaland, …

Langarmdans, smullekker spitbraai, drankies en samesyn was kenmerkend van Laerskool Pietersburg-Oos se Kontreifees verlede Donderdagaand.
Organiseerder, Anerett van Zyl, sê die fees dien as afsluiting vir die voorafgaande jaarlikse Kalanderfees waartydens Osies die hele week hul gate uit op glybane en in die speelpark kan geniet.
Gaste is met die liedjieskrywer en sanger uit Namakwaland, Deon Groot, se optrede bederf en verskeie memorabilia is gedurende die aand opgeveil om die skool se geldkoffers aan te vul.
“Die aand was ‘n groot sukses en gaste het dit terdeë geniet. Die totale ingesamelde bedrag is nog nie finaal bereken nie,” sê Van Zyl.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Oosskoolhoof, Gideon Pelzer, en ‘n gas, Corlia Scholtz.
George Malan en sy vrou, Hilde, weers­kante van Soekie en Richard Dierks.
Gaste by die Kontreifees is Chris en Elsabé Smith en Antoinette Maritz met Sonja Bezuidenhout en Dottie Pinn agter.
Hoërskool Pietersburg-leerkragte, Rhynhardt Janse van Rensburg, Corné Craig en Pierre Coetzee.

Related Articles

Back to top button