BusinessNews
Lentejolyt by MoN se Tuinskou
Die lente het die naweek in volle glorie met helderkleurige plante, nuutste tuintoerusting en skeppende idees by Mall of the North se Tuinskou ontvou en besoekers geïnspireer om die seisoen in volkleur te vier deur meer tyd in tuine deur te bring. Glinserende tuinfeetjies, kabouters en die mooiste blomme is op kinders se gesigte geverf …
Die lente het die naweek in volle glorie met helderkleurige plante, nuutste tuintoerusting en skeppende idees by Mall of the North se Tuinskou ontvou en besoekers geïnspireer om die seisoen in volkleur te vier deur meer tyd in tuine deur te bring.
Glinserende tuinfeetjies, kabouters en die mooiste blomme is op kinders se gesigte geverf om ‘n ensemble van die spesiale geleentheid te vorm.
Uitstallers van Clivea-Eden, Van Niekerk Kwekery en Game is ingenome met hul verkope tydens die skou. Anke Varkevisser van Doodlebugs het die kindergesiggies in pragtige blomtuine omtower.
Storie en foto’s: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com