NewsSchools

Adrenaliengevulde sewesrugby by plaaslike skole

Blitsige voetwerk en hoë oktaanspoed was kenmerkend van die sewesrugby wat Saterdag in twee afsonderlike byeenkomste by Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is. Skole van regoor Limpopo het na Polokwane gestroom om aan beide byeenkomste deel te neem. Die Hyundai Blitzfees is by Pieties aangebied waar deelnemers nie net op …

Blitsige voetwerk en hoë oktaanspoed was kenmerkend van die sewesrugby wat Saterdag in twee afsonderlike byeenkomste by Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoër Tegniese Skool Tom Naudé aangebied is.
Skole van regoor Limpopo het na Polokwane gestroom om aan beide byeenkomste deel te neem. Die Hyundai Blitzfees is by Pieties aangebied waar deelnemers nie net op die rugbyveld kragte gemeet het nie, maar ook op die netbalbane tydens die Fast 5- toernooi en op die hokkievelde tydens die Quick Six-uitdagings koppe gestamp het.
PHS se o.15-en o.17-rugbyspanne is kampioene nadat hulle in die finaal met Hoërskool Ben Vorster afgereken het.
PHS se o.15-netbalspanne behaal die algehele eerste en tweede plek terwyl die o.17-span algeheel tweede eindig. Die hokkiemeisies eindig ook bo aan die punteleer terwyl die seuns met ‘n tweede plek naas Hoërskool Merensky tevrede moet wees.
Op Tom Naudé se veld was ook geen einde aan die aksie nie en Tommies stap met die louere in die skildfinaal weg nadat hulle die Barbarians 36-0 oorrompel het.
Die boul-afdeling is deur Hoërskool Piet Potgieter oorheers terwyl Merensky in die plaat-afdeling wys wie is baas en Ben Vorster in die beker-afdeling koning gekraai het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Luan de Villiers, o.17, van PHS lug die hokkiebal oor sy aanvallers.
Felle mededinging tussen Erwee Robbertze, Hoërskool Louis Trichardt, en Dian Geerkens, PHS, om die bal eerste te bereik. DJ Greyling is op hul hakke.
Jurinda van Schalkwyk (regs), o.14, spring vir die bal.
Carla Craig, PHS se o.14-speler, in aksie.
Franco Coetzee, PHS se o.17-speler, kies koers langs die kantlyn.
Curro Heuwelkruin se o.15-speler, Stefan du Preez op pad doellyn toe.
Maropeng Ngwepe van Mitchell House se o.15-span verdedig.
Wiko Neuhoff van Kruinies se o.15-span stamp sy opponent af.
Pieties se o.17-speler, Tendai Kgopa stamp ‘n opponent af.

 

Pieties se o.14-speler, Jurinda van Schalkwyk op die verdediging.
Reabetswe Sathege, o.15, van Tommies is onstuitbaar.
Tshipiso Dipela van Tommies se o.15-span flous sy opponente.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button