NewsSchools

Mnr en Mej Oosskool-finaliste se harte klop warm vir kankerpasiënte

Die jaarlikse Mnr en Mej Oosskool vind vanjaar op 1 November plaas en beloof om weer ‘n hoogtepunt op die Osies-kalender te wees. Tammylee Ferreira en Justin Smit, twee van vanjaar se finaliste wie se harte warm vir hul skool, projek en gemeenskap klop, is betrokke by die saal waar kinderkankerpasiënte by die Pietersburg Provinsiale …

Die jaarlikse Mnr en Mej Oosskool vind vanjaar op 1 November plaas en beloof om weer ‘n hoogtepunt op die Osies-kalender te wees.
Tammylee Ferreira en Justin Smit, twee van vanjaar se finaliste wie se harte warm vir hul skool, projek en gemeenskap klop, is betrokke by die saal waar kinderkankerpasiënte by die Pietersburg Provinsiale Hospitaal behandel word.
September is ook kinderkankermaand en die twee graad 7-leerders fokus des te meer op dié projek in die lig daarvan.
Tammylee en Justin sê elke besoek aan die saal om tyd saam met die kinders te spandeer, ten spyte van hul siek lyfies wat soms baie pyn ervaar, is vir hulle ‘n hoogtepunt. “Ons streef daarna om lig te bring waar daar soms minder blye dae beleef word en het nog ‘n paar idees vir ons projek voor die sluitingsdatum op 28 September.”
Oosskool se graad 2-leerders is ingedeel om Tammylee en Justin bystaan en met hul fondsinsamelingsinisiatiewe.
Hulle is baie dankbaar vir skenkings van klere, eetgoed, speelgoed en leesstof wat reeds ontvang is, maar sal dit baie waardeer as die gemeenskap nog skenkings doen en op ander maniere ook betrokke raak.
Skakel Mirinda Ferreira by 082 565 4954 vir skenkings of navrae.

Oosskool se graad 2-leerders staan Tammylee en Justin by met hulle projek.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button