Liz Meiring vertel eksentrieke stories met ander woorde

Skreeusnaakse televisiepersoonlikheid, Liz Meiring, het Vrydagaand gaste in ‘n volgepakte saal met haar stories wat sy ‘met ander woorde’ opgedis het, laat skaterlag. Haar uittreksels uit ‘n plattelandse gemeente se kerkblaadjie met aankondigings soos ‘Dames word uitgenooi na ‘n verslan­kingskursus in die kerksaal – Gebruik asseblief die dubbeldeure’, ‘Daar is Vrydagaand ‘n gesellige byeenkoms by …

Skreeusnaakse televisiepersoonlikheid, Liz Meiring, het Vrydagaand gaste in ‘n volgepakte saal met haar stories wat sy ‘met ander woorde’ opgedis het, laat skaterlag.
Haar uittreksels uit ‘n plattelandse gemeente se kerkblaadjie met aankondigings soos ‘Dames word uitgenooi na ‘n verslan­kingskursus in die kerksaal – Gebruik asseblief die dubbeldeure’, ‘Daar is Vrydagaand ‘n gesellige byeenkoms by die kerk – Kom gerus as jy niks aan het nie en kom deel in die pret’ en ‘Sondag is daar twee dienste, een in die oosvleuel en een in die wesvleuel – Babas word aan albei kante gedoop’, het die konsertgan­gers laat kraai van die lag terwyl hul hulself in haar vertellinge ingeleef het.
Snaakse koerantopskrifte soos ‘Hawelose man onder huisarres geplaas’ en ‘Statistieke toon tienerswangerskappe raak minder ná 25’ het die lagspiere geprikkel.
Die konsert is voorafgegaan deur ‘n aandmark by NG Kerk Bendorpark en besoekers het reeds van vroegaand aan heerlike eet- en drinkgoed weggelê terwyl ander ligte aandetes aangeskaf het.

Storie, foto’s en video: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Liz Mei­ring vertel haar storie: ‘Met ander woorde’ by die NG Kerk Bendorpark se aandmark en konsert.
Pierre Maritz, Rudi Erasmus, Braam van Staden en Emilé Cronjé braai boerewors by hul stalletjie.
Brandon Erasmus en Christopher Strydom geniet die atmosfeer by die buitelugvure.

Related Articles

Back to top button