Besoekers smul aan krokodil- en vlakvarklekkerte op rugbyveld

‘n Heerlike sonskynoggend, genoeg vermaak en ‘n verskeidenheid stalletjies was van die pluspunte wat Saterdag vir ‘n goeie opkoms by die Sekelbosmark van die Hervormde Kerk Pietersburg-Oos gesorg het. ‘n Anderhalf meter lange krokodil wat op die spit gebraai is, het fynproewers laat naderstaan om porsies van hierdie lekkerny op te raap, terwyl die gebruiklike …

‘n Heerlike sonskynoggend, genoeg vermaak en ‘n verskeidenheid stalletjies was van die pluspunte wat Saterdag vir ‘n goeie opkoms by die Sekelbosmark van die Hervormde Kerk Pietersburg-Oos gesorg het.
‘n Anderhalf meter lange krokodil wat op die spit gebraai is, het fynproewers laat naderstaan om porsies van hierdie lekkerny op te raap, terwyl die gebruiklike kerrie-en-rys en pannekoekstalletjies goed ondersteun is. Vars vleis, groente en vrugte en tuisgebak uit gemeentelede se eie kombuise het genoeg kopers gelok en die meeste stalletjies se voorraad was gou uitverkoop.
Ander aantreklikhede soos ‘n vertoning deur die Limpopo K9 Academy en die Bark for Life-kompetisie wat deur Kansa Polokwane aangebied is, het groot aftrek gekry.
Gemeenteleraar, Faan Visser, sê dat die fees wat op die rugbyveld van Pietersburg Laerskool (PLS) gehou is, was nie net om geld in te samel nie. “Die saamwerk en saamkuier van die gemeentelede was iets besonders en baie nodig. Ons gaan aanstaande jaar nog groter en dink reeds aan meer moontlikhede om besoekers te lok.”

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Christopher Combrink, gemeenskaps­koördineerder van Kansa Polokwane en Corné Marais, administratiewe bestuurder by hul stalletjie.
Christopher Combrink, gemeenskaps­koördineerder van Kansa Polokwane en Corné Marais, administratiewe bestuurder by hul stalletjie.
Heloise Venter en Teresa Taylor verkoop boereworsrolle en stokworsies.

Related Articles

Back to top button