Sport

Jukskeispelers geniet gesellige samesyn

‘n Heerlike sonskyndag het vir die ideale omstandighede gesorg toe jukskeispelers van verskeie skole in die stad en omliggende dorpe onlangs hul vernuf teen mekaar getoets het tydens die Limpopo finale skole-jukskeiliga. wat by die jukskeibane in die stad gehou is. In die hoërskole-afdeling het Hoërskool Frikkie Meyer koning gekraai met Hoër Tegniese Skool Tom …

‘n Heerlike sonskyndag het vir die ideale omstandighede gesorg toe jukskeispelers van verskeie skole in die stad en omliggende dorpe onlangs hul vernuf teen mekaar getoets het tydens die Limpopo finale skole-jukskeiliga. wat by die jukskeibane in die stad gehou is.
In die hoërskole-afdeling het Hoërskool Frikkie Meyer koning gekraai met Hoër Tegniese Skool Tom Naudé (HTS) in die tweede plek. Hoërskool Pietersburg (PHS) was derde, gevolg deur Marné Ebersohn Akademie (MEA) en Hoërskool Warmbad in onderskeidelik die vierde en vyfde plekke,.
Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) was eerste in die laerskole-afdeling, gevolg deur Pie­tersburg Laerskool (PLS) in die tweede plek. Laerskool Dendron, Marné Ebersohn Akademie en ‘n span onafhanklike spelers van Bela-Bela was onderskeidelik derde, vierde en vyfde. Organiseerder van die kompetisie, Willa Viljoen, sê die dag was ‘n groot sukses veral omdat skole buite die stad ook deelgeneem het.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Liané Smit (o.10) van Marné Ebersohn Akademie.
Simoné Reyneke (o.13) van PLS wonder waar haar skei gaan land.
Tiwhan Botha (o.16A) van Marné Ebersohn Akademie volg die skei tot by die pen.

 

PHS se Marlene Harmse (o.16) in aksie.
HTS se Brendon Krüger (o.19A) konsentreer op sy gooi

Related Articles

Back to top button