Dames kry inspirasie by Vrouemaand-damestee

“God het elkeen lief en bied antwoorde aan almal wat daarvoor vra,” het Melané de Villiers Saterdag by ‘n Vrouemaand-damestee wat deur die SAVF Limpopo georganiseer is gesê. De Villiers, ‘n plaaslike pastoor, het benadruk dat God almal wenners gemaak het en het vroue aangemoedig om nie mekaar te veroordeel of te beskinder nie. “Glo …

“God het elkeen lief en bied antwoorde aan almal wat daarvoor vra,” het Melané de Villiers Saterdag by ‘n Vrouemaand-damestee wat deur die SAVF Limpopo georganiseer is gesê.
De Villiers, ‘n plaaslike pastoor, het benadruk dat God almal wenners gemaak het en het vroue aangemoedig om nie mekaar te veroordeel of te beskinder nie. “Glo wat God vir julle sê en nie wat die wêreld sê nie.”
Volgens twee van die gaste, Beatrice Loots en Sienie Britz, het hulle baie inspirasie by De Villiers se aanbieding gevind en die dag terdeë geniet. Nog ‘n gas, Martie Hattingh, het gesê sy voel meer positief oor haarself en haar omstandighede.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Sienie Britz en Beatrice Loots het inspirasie by die damestee gevind.
Liza Santa Rita en Joan Kock.
Martie Hattingh en Marie van Oudtshoorn.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button