Sport

Noordelikes is naaswenners in vanjaar se klubliga

Na ‘n taai klubrugbyseisoen wat gekenmerk is deur volgehoue harde werk en determinasie is Goldwagen Noordelikes se eerste­span Saterdag as naaswenners van die jaarlikse Boet Fickliga gekroon. Die rooimasjien het teen verdedigende kampioene, Northam Rhinos, te staan gekom en het hard baklei om die trofee terug te wen, maar moes die knie met 26-59 buig. …

Na ‘n taai klubrugbyseisoen wat gekenmerk is deur volgehoue harde werk en determinasie is Goldwagen Noordelikes se eerste­span Saterdag as naaswenners van die jaarlikse Boet Fickliga gekroon.
Die rooimasjien het teen verdedigende kampioene, Northam Rhinos, te staan gekom en het hard baklei om die trofee terug te wen, maar moes die knie met 26-59 buig.
“Alhoewel ons graag wou wen, kan ons steeds ons koppe as naaswenners hoog hou. Dit was ‘n harde seisoen, maar die gees onder Noordelikes se spelers was nooit gedemp nie. Die manne het met elke wedstryd alles ingesit,” sê Fred Romijn, Noordelikes se voorsitter en hoofafrigter.
Klubrugby is vir eers op ‘n einde tot November wanneer Noordelikes met hul voorseisoenprogram begin.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Zander Byleveldt word deur ‘n Northamspeler vasgevat.

Related Articles

Back to top button