Sport

Bergfietsryers tem uitdagende Akkedis MTB Challenge

Meer as 200 bergfietsentoesiaste het Saterdag by Hanglip Forest Reserve in Louis Trichardt die jaarlikse uitmergelende Akkedis MTB Challenge aangepak. Die wedren het ‘n 15 km-pretrit sowel as ‘n 35 km- en 70 km-roete vir die meer ervare ryers gebied. Die Akkedis word as een van die land se taaiste wedrenne geag omdat deelnemers in …

Meer as 200 bergfietsentoesiaste het Saterdag by Hanglip Forest Reserve in Louis Trichardt die jaarlikse uitmergelende Akkedis MTB Challenge aangepak.
Die wedren het ‘n 15 km-pretrit sowel as ‘n 35 km- en 70 km-roete vir die meer ervare ryers gebied. Die Akkedis word as een van die land se taaiste wedrenne geag omdat deelnemers in die 70 km (19 jaar en ouer) se fiksheid en vernuf oor ‘n geleidelike hoogte van 1 662 meter getoets word.
Limpopo se gesoute bergfietsryer van Tzaneen, Allan Gordon, het dié afstand in ‘n wentyd van 3:14.58 voltooi om vir homself die eerste plek in die algehele mans-afdeling verseker. In die vroue-afdeling was Wilmarie du Plessis eerste oor die wenstreep in ‘n tyd van 4:16.31.
In die 35 km se algehele mans-afdeling het Sheldon Muller vroeg die voortou geneem en in ‘n tyd van 1:45.08 eerste die wenstreep oorgesteek. Die broers, Benjamin en Joshua Baber, was kort op sy hakke om onderskeidelik die tweede en derde plek in te neem.
Anna Eliza Gutierrez was die eerste vrou in ‘n tyd van 2:06.05.
Zineddine Mengouchi en Lilian Baber was die eerste seun en meisie om die 15 km-pretrit te voltooi.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Vir volledige uitslae sien website
https://www.webscorer.com/race?raceid=146632

Wilmarie du Plessis is baas in die 70 km vroue-afdeling.
Algehele wenner van die 35 km se mans-afdeling, Sheldon Muller.

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button