NewsSchools

Kruiniespanne is Noordvaalwenners

Liefde en passie nie net vir die spel nie, maar ook vir mekaar as span word aan Curro Heuwelkruin se o.16- en eerstemeisiehokkiespan se sukses tydens die naweek se Noordvaal-finaal vir kleinskole toegeskryf. Dié eerstespan het Saterdag skitterspel teen die Gekombineerde Skool Hendrina by die Vaal Universiteit van Tegnologie in Vanderbijlpark gelewer en hulle ‘n …

Liefde en passie nie net vir die spel nie, maar ook vir mekaar as span word aan Curro Heuwelkruin se o.16- en eerstemeisiehokkiespan se sukses tydens die naweek se Noordvaal-finaal vir kleinskole toegeskryf. Dié eerstespan het Saterdag skitterspel teen die Gekombineerde Skool Hendrina by die Vaal Universiteit van Tegnologie in Vanderbijlpark gelewer en hulle ‘n reuse loesing van 6-1 gegee. Renee Hough en Kayla Spies het elk twee doele aangeteken terwyl Moloko Mokobi en Bathabile Mahlake elk ‘n slag die bal doelkas toe gestuur het.
Afrigter, Chanté Venter, is opgewonde oor die span se prestasie en sê hul sukses lê in hul passie en liefde vir die spel.
Die o.16-span het ‘n naelbytwedstryd ge-­
had, maar kon tog daarin slaag om hul opponente van Curro Roodeplaat met 1-0 te klop.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Kruinies se o.16-spanlede is Amo Maleke voor met die trofee en Carol-Lynn Nel (afrigter), Natalie Rentroia, Yvonne Claassens, Lara Prenzler en Steani de Wet (afrigter) in die middel. Agter is Danae Marais, Nadia Grove, Clarise Jacobsz, Elani Engelbrecht, Karabo Monyemangene, Jordan Macheka, Milencia Leliganyane, Summer Shikwane, Carli Spies en Ofentse Phogole.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button