Local NewsNews

Gesoekte misdadigers tydens operasie aangekeer

‘n Groot deurbraak is met die naweek se intelligensie-gedrewe operasie in die Seshego polisiëringsgebied gemaak toe twee verdagtes wat met minstens 14 rooftogte by besighede in Seshego en Matlala verbind word, aangekeer is. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die operasie is onder leiding van die Seshego groepbevelvoer­der, Sam Mokgonyana gedoen na ‘n reeks klagtes van …

‘n Groot deurbraak is met die naweek se intelligensie-gedrewe operasie in die Seshego polisiëringsgebied gemaak toe twee verdagtes wat met minstens 14 rooftogte by besighede in Seshego en Matlala verbind word, aangekeer is.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die operasie is onder leiding van die Seshego groepbevelvoer­der, Sam Mokgonyana gedoen na ‘n reeks klagtes van onder meer moord, brandstigting en rooftogte die afgelope tyd ontvang is.
Die polisie het ook ‘n 26-jarige verdag­te vir poging tot moord en brandstigting in Kwena Moloto aangekeer nadat hy glo die naweek na sy 43-jarige eksmeisie se huis is om kastig die geskille in hul verhouding te bespreek.
Die oomblik toe sy die deur oopmaak het hy ingestorm en haar verskeie kere met ‘n mes gesteek waarna hy die huis aan die brand gesteek en gevlug het. Die polisie is ontbied en hul vinnige optrede het tot sy spoedige arrestasie gelei.
Twee verdagtes wat glo verlede week onder die heining van ‘n plaaslik dokter se woning gekruip en sy vrou aangeval het is ook op aanklagte van huisroof in Mogwadi gearresteer.
Sy is met ‘n vuurwapen gedreig en van ‘n groot hoeveelheid kontant beroof voordat hulle vort is. Twee messe en ‘n speelgeweer is tydens die arrestasie gekonfiskeer.
Die verdagtes wat tydens die operasie aangekeer is, sal onderskeidelik gedurende die week in die Seshego en Senwabarwana landdroshof verskyn.
Provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba het Mokgonyana en sy span vir hul harde werk en suksesse bedank.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button