Local NewsNews

Verdagtes in gewapende roof uit op borgtog

Die vier verdagtes wat vermoedelik vir die roof en mesaanval op ‘n vrou by ‘n plaaslike geskenkwinkel in Junie verantwoordelik was, is verlede Donderdag in die Polokwane landdroshof op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en gewaarsku om op 13 September weer in die hof te verskyn. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi, sê die verdagtes, Jerry …

Die vier verdagtes wat vermoedelik vir die roof en mesaanval op ‘n vrou by ‘n plaaslike geskenkwinkel in Junie verantwoordelik was, is verlede Donderdag in die Polokwane landdroshof op borgtog van R1 000 elk vrygelaat en gewaarsku om op 13 September weer in die hof te verskyn.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi, sê die verdagtes, Jerry Letlalo, Happy Mthombeni, Sha­drack Makgoba en ‘n werknemer, Engelina Hlongwane, is enkele dae na die voorval in hegtenis geneem. en was in aanhouding.
Die 25-jarige mede-eienaar van die winkel in Platinumpark, Monique Coetzee, is by die winkel beroof en met ‘n mes gesteek.
Twee mans wat agterdogtig voorgekom het, het by die winkel ingestap, haar oorval en agter die toonbank afgedruk waarna een glo verskeie kere onsuksesvol na haar gesteek het met een van die messe wat as geskenke verkoop is. Hy het haar handsak agter die toonbank gevat en by die winkel uitgestap, maar omgedraai en ‘n finale steekhou na haar nek gegee. Met die keerslag is sy in die arm gewond.
Met die polisie se aankoms het hulle op die sekuriteitskameramateriaal gesien dat die aanvaller eers die verkeerde handsak gevat het en die werker vir hom wys watter een Coetzee s’n is.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

https://www.observer.co.za/verdagtes-in-roof-mesaanval-vandag-in-hof/

https://www.observer.co.za/werker-reel-glo-rooftog-mesaanval-op-jong-sakevrou/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button