Wees ‘n alledaagse held vir Loslitdag

Wees ‘n held en ondersteun persone met ge­stremdhede op Loslitdag, 7 September. Vanjaar se tema is om ‘n alledaagse held vir persone met gestremdhede te wees en is daarop gemik om ‘n reuse stap nader aan die uiteindelike doelwit te wees om ‘n nasie te hê wat niemand uitsluit nie en te verseker dat almal …

Wees ‘n held en ondersteun persone met ge­stremdhede op Loslitdag, 7 September.
Vanjaar se tema is om ‘n alledaagse held vir persone met gestremdhede te wees en is daarop gemik om ‘n reuse stap nader aan die uiteindelike doelwit te wees om ‘n nasie te hê wat niemand uitsluit nie en te verseker dat almal se menseregte in ag geneem word. Al wat jy moet doen is om ‘n plakker teen R10 by deelnemende instansies, besighede en begunstigde organisasies te koop en volgens die tema aan te trek.
Polokwane Nasorgsentrum en die Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) is van die instansies wat plakkers in die stad verkoop.
Polokwane Nasorgsentrum sentrummatrone, Saartjie du Toit, en APD Limpopo Loslitdag-pro­jekleier, Margaret Malatji, het die publiek en ander organisasies aangemoedig om ander aan te spoor om Loslitdag te ondersteun. “Daar is ‘n reeks fantastiese Loslitdag-hemde en pette om jou plakkers aan te vul, maar daar is beperkte voorraad. Plaas bestellings vroeg en sit ‘n glimlag op die gesigte van almal wat jy ken.”
Deelnemende maatskappye sluit Game, Toys and Babies R Us en Express Stores in.
Loslitdag is Suid-Afrika se grootste fondsinsameling- en bewusmakingsveldtog vir persone met ge­stremdhede en die vlagskipprojek van die Nasionale Raad van Persone met Ge­stremd­heid in Suid-Afrika. Skakel Polokwane Nasorgsentrum by 082 257 3857 of die APD by 015 291 1787.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

APD-inwoners vra die publiek om Loslitdag te ondersteun.

Related Articles

Back to top button