Redimed, gemeenskap reik uit na kinder- en gesinsorgvereniging

Vier en twintig kartondose met verskeie items is verlede Woensdag deur personeel van Redimed as deel van Mandeladag-vieringe by Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging se tweedehandse winkel by Library Gardens afgelewer. Redimed-praktykbestuurder, Sonya van den Heever, sê die kartordose is vir die afgelope twee maande by die praktyk geplaas sodat die publiek donasies daarin kan plaas. …

Vier en twintig kartondose met verskeie items is verlede Woensdag deur personeel van Redimed as deel van Mandeladag-vieringe by Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereniging se tweedehandse winkel by Library Gardens afgelewer.
Redimed-praktykbestuurder, Sonya van den Heever, sê die kartordose is vir die afgelope twee maande by die praktyk geplaas sodat die publiek donasies daarin kan plaas. “Ons is dankbaar vir die ondersteuning en groot verskeidenheid items wat ons ontvang het – van klere en linne tot stootwaentjies en verwarmers wat aan die vereniging se tweedehandse winkel geskenk is om geld te genereer om die vereni­ging se deure oop te hou.”
Hulp het ook uit ander oorde vir Redimed se inisiatief ingekom met rakke en ‘n toonbank wat by die winkel geïnstalleer sal word. Onderhoudswerk aan ligte en kombuiskaste is gedoen en die vereniging se naamborde is oorgedoen. “Dit is ‘n dag van gee, maar ons wil mense aanmoedig om gereeld hul hande en harte oop te maak. Dié vereniging doen ‘n belangrike werk in die provinsie en staan nie net bakhand nie. Enige tweedehandse bruikbare items wat in ‘n werkende toestand is sal vir die winkel van waarde wees,” sê Van den Heever wat haar dank teenoor Gideon de Kock, geneesheer, en Susan van Staden en Bernice Vermeulen, personeel, vir hul ondersteuning tydens die projek uitgespreek het.
Maatskaplike werker en kantoorbestuurder van die vereniging, Lorette Bosch, en winkelbestuurder, Karen Kotze, het die skenking met ope arms ontvang en elkeen betrokke bedank.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Related Articles

Back to top button