VLU-vrouens verkeer gesellig, leer interessante versiertegnieke

Eetgoed moet nie net lekker smaak nie, maar ook aantreklik wees, het vrouens van die stad Saterdagogend by die VLU Finesse Aandtak se Koninklike Versieringwerkklas geleer. Ria Fourie en Magda de Nysschen het gewys hoe ‘n eenvoudige soetkoekie met kleur, geur en smaak in ‘n eetervaring omskep kan word as die nodige kreatiwiteit aan die …

Eetgoed moet nie net lekker smaak nie, maar ook aantreklik wees, het vrouens van die stad Saterdagogend by die VLU Finesse Aandtak se Koninklike Versieringwerkklas geleer.
Ria Fourie en Magda de Nysschen het gewys hoe ‘n eenvoudige soetkoekie met kleur, geur en smaak in ‘n eetervaring omskep kan word as die nodige kreatiwiteit aan die dag gelê word.
Takvoorsitter, Erina Becker, sê dat die werkklas ‘n geleentheid vir gesellige samesyn gebied het terwyl hul iets geleer het.
Volgens Becker is dit maklik vir werkende
vroue om by die tak in te skakel omdat vergaderings in die aand gehou word. “Ons verwel­kom nuwe lede en belangstellendes kan met my in verbinding tree by 082 924 9012,” nooi Becker.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button