Sport

Noordelikes flou kole teen Northam

Northam Rhinos Rugbyklub, die voorlopers in vanjaar se Boet Fickliga, het gewys dat hul ernstig is om hul plek op die punte­leer te behou nadat hulle Saterdag vir Goldwagen Noordelikes op hul tuisveld oorrompel het. Noordelikes se derdespan was goed op dreef, maar het tydens spel begin uitsak en 21-38 verloor terwyl die tweedespan se …

Northam Rhinos Rugbyklub, die voorlopers in vanjaar se Boet Fickliga, het gewys dat hul ernstig is om hul plek op die punte­leer te behou nadat hulle Saterdag vir Goldwagen Noordelikes op hul tuisveld oorrompel het.
Noordelikes se derdespan was goed op dreef, maar het tydens spel begin uitsak en 21-38 verloor terwyl die tweedespan se flou poging met ‘n telling van 14-62 ook geen vrugte afgewerp het nie.
Weens ‘n verskeidenheid eerste­spanspelers van Noordelikes wat nie Saterdag kon speel nie moes ‘n klomp veterane gate in die span probeer toestop. Staatmaker en agtsteman, Koning Janse van Rensburg het op buitesenter begin en heelagter, Zander Byleveldt op losskakel wat vir Leroy Ndlovu met ‘n enkelbesering moes instaan.
Noordelikes het hard vir punte baklei en kon teen eindtyd slegs 31 teen­oor Northam se 54 punte bymekaarmaak.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Noordelikes se derdespanspeler, Christo van der Merwe, baan sy weg doellyn toe.
Noordelikes se tweedespanspe­ler, Martin Stone, op die aanval.
Juan Coetzee van Noordelikes se derdespan wen die bal in die lynstaan.
Conraad Seitz van Noordelikes se derdespan buk laag om sy opponent vas te vat.

Related Articles

Back to top button