Geleentheid vir tieners om hul ware identiteit te vind

Tieners het die geleentheid om hoop en avontuur te ervaar en hul ware identiteit te ontdek tydens ‘n Tienerkamp wat van 20 tot 22 Julie by Palm’s Inn in Polokwane plaasvind en deur Woord In Aksie (WIA) Limpopo aangebied word. “Ons is baie opgewonde omdat ons bekwa­me sprekers van hoofkantoor het wat gekwalifiseerd is om …

Tieners het die geleentheid om hoop en avontuur te ervaar en hul ware identiteit te ontdek tydens ‘n Tienerkamp wat van 20 tot 22 Julie by Palm’s Inn in Polokwane plaasvind en deur Woord In Aksie (WIA) Limpopo aangebied word.
“Ons is baie opgewonde omdat ons bekwa­me sprekers van hoofkantoor het wat gekwalifiseerd is om tieners tot selfbeeldontwikkeling en hul identiteit in Christus te lei. WIA se doel is om ‘n platform te skep waar tieners se diepste begeertes en behoeftes bespreek kan word,” sê Debbie Dreyer, trauma- en kinderberader en ‘n WIA Limpopo-streekleier.
Die kampe is volgens haar nie net op tieners se emosionele intelligensie gerig nie, maar ook vir dié wat hul leierskapsontwikkeling wil verbreed. “Sodra genesing in situasies plaasvind, beweeg tieners in die rigting van hulpverlener of kleingroepleier.”
Tieners geniet die vryheid om self te kies watter stasies hulle wil besoek hetsy dit verslawing, verwerping, vergifnis, depressie, selfmoord, vrees of gebed is. “En moenie die ‘worship’ vergeet nie, dit is energiek en lewendig,” sê Dreyer.
Benewens die vol program sal tieners gesellig kan verkeer met speletjie-uitdagings propvol pryse. Skole sowel as ouers kan tieners tussen 12 en 18 jaar inskryf vir R300 per persoon vir die naweek en sluit lesings, speletjies, plaaskombuisetes en verblyf in.
Skakel Dreyer vir besprekings by 082 466 0253 of die WIA kantoor by 082 776 4966.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Related Articles

Back to top button