Solly Hassen vier 70ste verjaardag

Bekende in onderwyskringe en lewenslange inwoner van die stad, Solly Hassen, het Saterdagaand sy 70ste verjaardag met familie en vriende by Bolivia Estate gevier. Hassen is in 1948 in Bokstraat in die ou Pietersburg gebore, het later na Nirvana verhuis en was jare lank hoof van Taxila Secondary School. Gaste uit die plaaslike Indiër-, swart- …

Bekende in onderwyskringe en lewenslange inwoner van die stad, Solly Hassen, het Saterdagaand sy 70ste verjaardag met familie en vriende by Bolivia Estate gevier.
Hassen is in 1948 in Bokstraat in die ou Pietersburg gebore, het later na Nirvana verhuis en was jare lank hoof van Taxila Secondary School.
Gaste uit die plaaslike Indiër-, swart- en kleurlinggemeenskap en selfs ‘n tafel met Afrikanervriende het aan ‘n tradisionele ete met skaap- en hoenderkerrie ge­smul terwyl Hassen hulle met sy kwinkslae vermaak het. Sy vertellings in keurige Afrikaans, waarvoor hy alombekend is, het vir baie humor gesorg en sy ‘boere­vriende’ welkom laat voel.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

 

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button