Local NewsNews

Verdagtes in roof, mesaanval vandag in hof

‘n Werknemer en drie ander verdagtes wat in verband met ‘n roof en mesaanval by ‘n geskenkwinkel in Platinumpark aangekeer is, sal na verwagting vandag (Donderdag) in die Polo­kwane landdroshof om borgtog aansoek doen. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi sê die verdagtes is Jerry Letlalo, Happy Mthombeni, Engelina Hlongwane en Shadrack Makgoba wat ongeveer twee weke …

‘n Werknemer en drie ander verdagtes wat in verband met ‘n roof en mesaanval by ‘n geskenkwinkel in Platinumpark aangekeer is, sal na verwagting vandag (Donderdag) in die Polo­kwane landdroshof om borgtog aansoek doen.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi sê die verdagtes is Jerry Letlalo, Happy Mthombeni, Engelina Hlongwane en Shadrack Makgoba wat ongeveer twee weke gelede in hegtenis geneem is. Hlongwane is ‘n werknemer by die geskenkwinkel.
Die polisie ondersoek ‘n saak van besigheids­roof teen die vier wat verlede week in die hof verskyn het en in aanhouding is. ‘n 25-jarige mede-eienaar, Monique Coetzee, is onlangs by die winkel beroof en met ‘n mes gesteek.
Coetzee sê sy was dadelik agterdogtig toe mans die winkel ingestap het en het haar selfoon uitgehaal om ‘n oproep te maak toe een haar gryp en agter die toonbank tot op die vloer afdruk en met ‘n mes, wat in die winkel verkoop word, verskeie kere na haar gesteek het, maar telkens gemis het. Hy het haar handsak agter die toonbank gevat en by die winkel uitgestap, maar omgedraai en ‘n steekhou na haar nek gemik. Met dié dat sy gekeer het, is sy in die arm gewond.
“Die polisie kon op die winkel se sekuriteits­kameras sien dat die werknemer waarskynlik betrokke is by die voorval. Die beeldmateriaal wys hoe die aanvaller eers die verkeerde handsak vat en die werker vir hom wys watter een myne is,” sê Coetzee.
Sy en drie ander is die volgende dag deur die polisie aangekeer.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button