NewsSchools

Suidskool se eersterugbyspan is trotse Limpopowenners

Harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk is eienskappe van Pie­tersburg Laerskool se eerste rugbyspan wat as Limpopowenners aangewys is nadat hulle die naweek vir Laerskool Thabazimbi tydens die Limpopo-finaal in Bela-Bela 40-0 geklop het. Suidskool se eerstespan het verlede Dinsdag tydens die jaarlikse kragmeting teen Laerskool Pietersburg-Oos gewys dat hulle op die oorlogspad is met een …

Harde werk, deursettingsvermoë en spanwerk is eienskappe van Pie­tersburg Laerskool se eerste rugbyspan wat as Limpopowenners aangewys is nadat hulle die naweek vir Laerskool Thabazimbi tydens die Limpopo-finaal in Bela-Bela 40-0 geklop het.
Suidskool se eerstespan het verlede Dinsdag tydens die jaarlikse kragmeting teen Laerskool Pietersburg-Oos gewys dat hulle op die oorlogspad is met een doel voor oë om vanjaar se liga te wen nadat hulle Osies tydens ‘n harde wedstryd met 13-7 laat les opsê het.
Suidskool het sedert die begin van die rugbyseisoen klipharde rugby gespeel om hul plek in die finaal van die grootskole-afdeling te verseker.
Van die 18 wedstryde wat hulle gespeel het, het hulle 14 gewen en was onoorwonne in al hul ligawedstryde.
Tydens die kragmeting teen Oosskool het Suidskool se spanne klei getrap behalwe vir die tweedespan wat 10 elk gelykop speel en die eerstespan wat geseëvier het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Drian Hartslief, Suidskool se o.11-skrumskakel kry vinnig die bal by die agterlyn.
Suidskool se eerstespan-onderkaptein, Jason Hugo is onstuitbaar.
Oosskool se o.11-speler, Ruan Potgieter, word by die kantlyn platgetrek.
Andrew Stopforth, Oosskool se eerstspanspeler, probeer sy opponent omseil.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button