NewsSchools

Osies o.10-, o.11-rugbyspanne Limpopowenners

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.10- en o.11-rugbyspanne het die naweek in Bela-Bela as die Limpopowenners van die Limpopo Skoleliga uitgetree terwyl hul o.9-rugbyspan naaswenners is. Die o.11-span het 26-17 teen Laerskool Pietersburg-Noord Primary gewen terwyl die o.10-span Laerskool Tzaneen met 24-10 kafgedraf het. Die o.9-span het hul rieme met 5-17 teen Laerskool Tzaneen styfgeloop. Skoolhoof, …

Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se o.10- en o.11-rugbyspanne het die naweek in Bela-Bela as die Limpopowenners van die Limpopo Skoleliga uitgetree terwyl hul o.9-rugbyspan naaswenners is.
Die o.11-span het 26-17 teen Laerskool Pietersburg-Noord Primary gewen terwyl die o.10-span Laerskool Tzaneen met 24-10 kafgedraf het. Die o.9-span het hul rieme met 5-17 teen Laerskool Tzaneen styfgeloop.
Skoolhoof, Gideon Pelzer, wat saam met Zander Human die o.10-span afgerig het, het gesê hy is baie trots op die drie spanne en sien uit daarna om deel van hulle rugbyontwikkeling te wees.

Storie en foto’s: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Oosskool se o.11-rugbyspan is trotse Limpopowenners.
Oosskool se o.9-rugbyspan is die provinsie se beste span. Afrigters, Amie Smit en Hennie Lourens staan agter.

Related Articles

Back to top button