NewsSchools

Musiekpretaand bied groot vermaak

Verlede Donderdag se musiekpretaand wat by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) gehou is, het nie net vir gesonde vermaak onder ouers en personeel gesorg nie, maar ook ‘n stewige bydrae tot die skool se tennis- en koorfondse gemaak. Die saal was stampvol en die gees het hoog geloop terwyl die spanne, wat volgens tafels ingedeel was, hul …

Verlede Donderdag se musiekpretaand wat by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) gehou is, het nie net vir gesonde vermaak onder ouers en personeel gesorg nie, maar ook ‘n stewige bydrae tot die skool se tennis- en koorfondse gemaak.
Die saal was stampvol en die gees het hoog geloop terwyl die spanne, wat volgens tafels ingedeel was, hul kennis van liedjies, sangers en lirieke getoets het. Sommige spanne het strafpunte verdien nadat hulle die antwoordknoppies gedruk het sonder dat hulle die regte antwoord gereed gehad het en moes pittige aanmerkings van ander spanne verdra.
Spanne was in kleurvolle uitrustings getooi en die Musketeers, Minions en personeel van Oosskool, wat as wenners uit die stryd getree het, het veral aandag getrek.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Sasha-Lee en Theo Janse van Rensburg, Amy en Amie Smit, Eddie Hamman, Lize Nel en Elrie Herholdt hou die telbord dop.
Die Minions het hope gees gehad.
Die Musketeers wys hul kleurvolle uitrustings.
Johan Bekker, Paul Vorster en PJ Strydom vang gees by Oosskool se musiekpretaand.

 

Related Articles

Back to top button