Behoeftiges baat by kombersskenking

Die Charisma-gemeente het verlede Donderdag veertig komberse en grootmaat toiletpapier aan Vision of Hope Foundation (VOHF) geskenk wat op hul beurt aan behoeftiges in die stad uitgedeel sal word. Gemeentelid, Zyrilla van der Kolff sê elke lidmaat van hul klein gemeente in die stad het ‘n kombers, waarvan die meeste nuut gekoop is, aan VOHF …

Die Charisma-gemeente het verlede Donderdag veertig komberse en grootmaat toiletpapier aan Vision of Hope Foundation (VOHF) geskenk wat op hul beurt aan behoeftiges in die stad uitgedeel sal word.
Gemeentelid, Zyrilla van der Kolff sê elke lidmaat van hul klein gemeente in die stad het ‘n kombers, waarvan die meeste nuut gekoop is, aan VOHF geskenk. “Die behoefte aan komberse vir behoeftiges gedurende die winter is onder ons aandag gebring en ons het besluit om komberse in te samel. Die gemeente sal ook vir die volgende vier maande toiletpapier aan VOHF voorsien,” sê Van der Kolff.
VOHF-voorsitter, Drienie van Wyk het Charisma-gemeente vir hul bydrae bedank en gesê behoeftige kinders en bejaardes is eerste op haar lys vir ‘n nuwe kombers.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button