Samesyn en oefening vir lyndansers

Plaaslike lyndansers het mekaar Saterdag beter leer ken terwyl hul gedeelde liefde vir lyndans vir groot plesier gesorg het. Ouderdomme van dansers het van 84 jaar (Susie Wentzel), 83 jaar (Sophia de Swardt), tot so jonk as tien jaar (Lené Pretorius) gewissel wat ‘n klinkklare bewys is dat ouderdom geensins ‘n rol speel nie. Nog …

Plaaslike lyndansers het mekaar Saterdag beter leer ken terwyl hul gedeelde liefde vir lyndans vir groot plesier gesorg het.
Ouderdomme van dansers het van 84 jaar (Susie Wentzel), 83 jaar (Sophia de Swardt), tot so jonk as tien jaar (Lené Pretorius) gewissel wat ‘n klinkklare bewys is dat ouderdom geensins ‘n rol speel nie. Nog ‘n lekkerte van lyndans is dat jy nie op ‘n metgesel hoef staat te maak nie. Buiten dat dit baie goeie oefening is, bevorder dit balans, konsentrasie, breinfunksionering en bloedsomloop. “Tydens die oefening word endorfiene deur die brein vrygestel wat ‘n goedvoelhormoon is en dadelik iemand se gemoed lig,” is volgens Eunice Knoetze een van die belangrikste voordele.
Twee groepe van Knoetze, twee groepe van Koraal-aftreeoord, onder leiding van Tinkie Wolfaardt, en die Rope & Ride Lyndansers met Lizelle Pretorius as president, het nagenoeg 23 verskillende danspassies met musiek uitgevoer.
Knoetze bied tans Maandae en Woensdae klasse van 17:00 tot 18:00 in die kerksaal van die NG Kerk Pietersburg-Oos en ‘n middagklas van 15:00 tot 16:00 op Donderdae by Ons Tuiste in Suidstraat aan.
Die lyndansgogga het haar as beginner in 2009 gebyt toe Rickie Grobler van Kleinmond in die Kaap klasse in die stad aangebied het en sy het mettertyd die klasse by Tersia Swiegers oorgeneem. In 2013 begin sy ‘n klas by Koraal 2 wat gaandeweg deur Wolfaard oorgeneem is en tot twee middagklasse en een oggend- gegroei het.
Met lyndans staan dansers in rye en oefen ‘n stel danspassies uit wat by die musiek pas en herhaal word tot die musiek eindig.
Vir meer inligting kan Knoetze by 082 372 6926 of Wolfaardt by 082 572 3701 geskakel word.

Sophia de Swardt en Susie Wentzel, albei in hulle tagtigs, is van die oudste, maar lewendigste lyndansers in die stad.

Related Articles

Back to top button