Sport
Zanis-gimnaste ryg medaljes in tydens kompetisie
Tydens die onlangse Limpopo Artistiese Kompetisie wat in Louis Trichardt gehou is het gimnaste van Zanis Gymnastics Academy veertig medaljes verower waarvan 23 goud, nege silwer en agt brons is. Nege-en-dertig gimnaste het Limpopokleure verwerf en neem van 14 tot 16 Junie aan die North Zone-gimnastiekkompetisie in Centurion deel. Beste algehele gimnaste wat trofeë ontvang …
Tydens die onlangse Limpopo Artistiese Kompetisie wat in Louis Trichardt gehou is het gimnaste van Zanis Gymnastics Academy veertig medaljes verower waarvan 23 goud, nege silwer en agt brons is.
Nege-en-dertig gimnaste het Limpopokleure verwerf en neem van 14 tot 16 Junie aan die North Zone-gimnastiekkompetisie in Centurion deel.
Beste algehele gimnaste wat trofeë ontvang het, is Evan Mathoba en Anuska Deyzel (vlak 1), Oritonda Tshidavhu en Mia O’Reilly (vlak 2) en Xander Deyzel (vlak 3).
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com