Local NewsNews

Soektog na pa van Bendor wat glo sy kinders verkrag

Nog geen arrestasie is in die soektog na ‘n man en pa van drie kinders van Bendor gemaak nadat sy vervreemde vrou die naweek klagte van seksuele aanranding en verkragting teen hom by die Polokwane polisiestasie gelê het nie. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die soektog het nog geen vrugte afgewerp nie, maar dat hul …

Nog geen arrestasie is in die soektog na ‘n man en pa van drie kinders van Bendor gemaak nadat sy vervreemde vrou die naweek klagte van seksuele aanranding en verkragting teen hom by die Polokwane polisiestasie gelê het nie.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die soektog het nog geen vrugte afgewerp nie, maar dat hul intense ondersoek en soektog voortgaan.
Voorlopige ondersoeke dui daarop dat die verdagte sy drie biologiese dogters van sewe, tien en 13 jaar oud tussen 2009 en vanjaar glo verkrag en ander seksuele misdrywe met hulle gepleeg het, volgens Ngoepe.
Dit blyk of die ma die naweek van die seksuele dade bewus geword het waarna sy dit dadelik by die polisie aangemeld het. Ngoepe het die voorval ten sterkste veroordeel en gesê enige vorm van mishandeling teenoor kinders wat op hul ouers se be­­skerming staatmaak, is onaanvaarbaar.
Die provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba het sy misnoeë oor die voorval uitgespreek en ‘n taakmag saam­gestel om die verdagte so spoedig moontlik op te spoor.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button