NewsSchools

Meer as 300 langasems tree aan vir Tuksreeks landloop

Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Dinsdag vir die eerste keer die geleentheid gekry om die jaarlikse Tuksreeks landloopkragmeting met 11 deelnemende skole en 320 atlete aan te bied. Langasems het sedert vroegoggend opgewarm om die roete wat op die skoolterrein uitgelê is, aan te durf. Volgens landlooporganiseerder, André van der Walt, het hulle slegs positiewe …

Hoërskool Pietersburg (PHS) het verlede Dinsdag vir die eerste keer die geleentheid gekry om die jaarlikse Tuksreeks landloopkragmeting met 11 deelnemende skole en 320 atlete aan te bied.
Langasems het sedert vroegoggend opgewarm om die roete wat op die skoolterrein uitgelê is, aan te durf.
Volgens landlooporganiseerder, André van der Walt, het hulle slegs positiewe terugvoe­ring van atlete, afrigters en ouers ontvang. PHS het algeheel negende geëindig nadat die junior seuns en -meisies onderskeidelik negende en sewende gekom het en die senior seuns en -meisies onderskeidelik algehele agtste en negende plekke in hul afdelings behaal het.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Junior seunatleet, Henry van Wyk, warm op.
PHS se toplangasem, Marco Pratt, het aanvanklik die pas aangegee, maar later uitgesak.
PHS se Lilly Greyson in aksie.

Related Articles

Back to top button