BusinessNews

Besighede werk saam vir Kansa

Kantoorpersoneel van DDKK Prokureurs en agente van RealNet Polokwane het kragte saamgesnoer en Vrydagoggend ‘n shavathon by die prokureurskantoor gehou. Lede van die publiek moes R50 opdok voordat hul hare in al die kleure van die reënboog gespuit is en ‘haarkappers’ het reggestaan om diegene wat bereid was om hulle kapsels in te boet ter …

Kantoorpersoneel van DDKK Prokureurs en agente van RealNet Polokwane het kragte saamgesnoer en Vrydagoggend ‘n shavathon by die prokureurskantoor gehou.
Lede van die publiek moes R50 opdok voordat hul hare in al die kleure van die reënboog gespuit is en ‘haarkappers’ het reggestaan om diegene wat bereid was om hulle kapsels in te boet ter wille van ‘n verdienstelike saak, selfs poenskop te sny. Veelkleurige serpe was teen R35 stuk te koop.
Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Limpopo, het die organiseerders, Zilla Ferns van DDKK Prokureurs en Maryna van der Merwe van RealNet van harte bedank vir hul inisiatief en ander besighede uitgenooi om dieselfde inisiatief aan die dag te lê.
Hy kan by 072 681 1949 geskakel word.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

RealNet Polokwane-agente, Jean Pretorius, Maryna van der Merwe, prinsipaal en Justin van Heerden spuit Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Polokwane se hare.
Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Polokwane, wys die serpe wat te koop is om geld vir Kansa in te samel.
RealNet Polokwane agent Phineas Mojapelo spuit kollega, Justin van Heerden se hare.

Related Articles

Back to top button