Local NewsNews

BREAKING NEWS – Boer buite Roedtan aangeval

Die Potgietersrus Distrikslandbou-unie (DLU) het gistermiddag (Donderdag) se aanval op ‘n boer buite Roedtan ten sterkste veroordeel. Die voorval waarin Ockie Breedt beseer is, het in die bestek van minder as ‘n dag na die moord op die plaasbestuurder, Jasper von Klause op ‘n plaas buite Tom Burke plaasgevind. In ‘n mediaverklaring wat vroeër vanoggend …

Die Potgietersrus Distrikslandbou-unie (DLU) het gistermiddag (Donderdag) se aanval op ‘n boer buite Roedtan ten sterkste veroordeel. Die voorval waarin Ockie Breedt beseer is, het in die bestek van minder as ‘n dag na die moord op die plaasbestuurder, Jasper von Klause op ‘n plaas buite Tom Burke plaasgevind.
In ‘n mediaverklaring wat vroeër vanoggend deur Potgietersrus DLU uitgereik is, word daar verwys na Breedt wat gister net voor 18:00 beseer is in ‘n plaasaanval op die Marble Hall-pad.
Johan de Beer, Veiligheidsvoorsitter van Potgietersrus DLU het die aanval ten sterkste veroordeel en ‘n beroep op die gemeenskap gedoen om betrokke te raak by georganiseerde landbou en plaaslike veiligheidstrukture.
“Mnr Breedt is buite by sy voertuig oorval deur twee persone gewapen met ‘n mes en pistool. Hulle het hom in die huis ingedwing en vasgemaak. Die twee persone het die huis begin omkeer en aangedring op kontant asook die kluissleutel. Daar het ‘n struweling ontstaan waarna mnr Breedt agt keer met ‘n mes deur een van die aanvallers gesteek is.  In die struweling is een van die aanvallers ook gewond, waarop hulle weggehardloop het.”
Daar word verder melding gemaak van die hulp van boere in die omgewing, Heritage Protection Group (HPG) en die Polisie wat ontbied is. Die operateurs van die DLU-noodvoertuig het Breedt na verneem op die toneel gestabileer en afgevoer na ‘n hospitaal in Mokopane.
In die verklaring word daar verder verwys na HPG wat op die toneel spore positief geïdentifiseer het waarna ‘n grootskaalse opvolg-operasie van stapel gestuur is. “Boere van die Roedtan-omgewing onder leiding van die veiligheidsverteenwoordigers van Potgietersrus DLU het paaie in die gebied toegemaak.
“Die reën het die soektog baie bemoeilik en is omstreeks 21:00 afgelas. “Die ondersoek duur egter voort.”
De Beer het sy dank uitgespreek teenoor HPG, die gemeenskap asook die SAPS vir hul vinnige reaksie.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe kon nie telefonies bereik word nie.

Storie: YOLANDE NEL
>>observer.yolande@gmail.com

Related Articles

Back to top button