Sport

Prestige wedloop met massiewe prysgeld ‘n hoogtepunt op sportkalender

Skryf in vir Mall of the North Marathon by hulptoonbank Atlete kan die gesogte Mall of the North Marathon wat op 7 April plaasvind, gebruik om vir vanjaar se Comrades te kwalifiseer terwyl die halfmarathon die ideale geleentheid vir atlete is om hul fiksheid te toets. Minder fikses kan die 10 km aandurf en gesinne …

Skryf in vir Mall of the North Marathon by hulptoonbank

Atlete kan die gesogte Mall of the North Marathon wat op 7 April plaasvind, gebruik om vir vanjaar se Comrades te kwalifiseer terwyl die halfmarathon die ideale geleentheid vir atlete is om hul fiksheid te toets. Minder fikses kan die 10 km aandurf en gesinne kan aan die immergewilde pretdraf (5 km) deelneem.
Rolstoelatlete word spesiaal genooi om deel van die besondere gebeurtenis op Limpopo se die atletiekkalender te wees.
Die prestigegeleentheid word deur Mall of the North in samewerking met Polokwane Atletiekklub (PAC) en hoofborge, Jaguar Polokwane en Vodacom, aangebied met Polokwane Observer as mediaborg.
‘n Hulptoonbank by Mall of the North se Game-ingang word spesiaal tot 6 April vir handinskrywings be­man. Dié toonbank is weeksdae en Saterdae van 10:00 tot 17:00 oop. Aanlyninskrywings kan tot 1 April by www.entrytime.com gedoen word. Wedloopdaginskrywings vind van 04:00 tot 05:50 by die huurdersparkeerarea op die boonste vlak van die sentrum plaas.
Die heen-en terugroete (5 km uitgesluit) vind op die provinsiale R81-roete plaas wat vir die duur van die wedloop gesluit sal wees.
Volgens die voorsitter van Polo­kwane Atletiekklub (PAC), Pieter Pretorius, maak die uitstekendbeplande reguitroete dit vir atlete maklik om in ‘n groep saam te hardloop en mekaar deurentyd te ondersteun.
“Die heen- en terugroete maak dit boonop vir atlete makliker om te beplan omdat hulle weet wat met die terugkomslag wag. Omdat waterpunte elke 2,5 km opgestel word, kan atlete byna letterlik die volgende waterpunt sien. Die roete is redelik plat wat vir atlete genoeg tyd gee om te herstel vir die paar opdraandes tussenin.”
Die wedloop begin en eindig by Mall of the North se oorloopparkeerarea.
Skakel Willie Smit, wedlooporgani­seerder, vir enige navrae by 072 202 3164.

Storie en foto: ELNA ESTERHUYSEN
>>observer.elna@gmail.com

Related Articles

Back to top button