NewsSchools
Osies se kreatiwiteit vloei met Mad Hatter Day
Prettige hoede van alle groottes, kleure en oorsprong was Vrydag by Laerskool Pietersburg-Oos te sien toe Mad Hatter Day gevier is. Mad Hatter is ‘n bekende karakter in Lewis Caroll se boek, Alice in Wonderland en kreatiwiteit en absurditeit is die wagwoord van die dag. Beste hoede in elke klas sowel as elke graad is …
Prettige hoede van alle groottes, kleure en oorsprong was Vrydag by Laerskool Pietersburg-Oos te sien toe Mad Hatter Day gevier is.
Mad Hatter is ‘n bekende karakter in Lewis Caroll se boek, Alice in Wonderland en kreatiwiteit en absurditeit is die wagwoord van die dag.
Beste hoede in elke klas sowel as elke graad is aangewys.
Selfs onderwysers het in die gees van die dag deelgeneem.
Graadwenners was: Wilhelm von Ludwig, graad 1; Liam Pretorius, graad 2; Jade Campbell, graad 3; Danica Nel, graad 4; Layla Marais, graad 5; Vaughn Donaldson, graad 6 en Zandré van Rooyen, graad 7. Die onderwysers met die meeste gees was die graad 2-span.
Storie en fotos: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.