NewsSchools

Gemengde sukses vir Pieties-krieketspanne

Alhoewel Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste krieketspan Saterdag tydens die vierde ronde van die Finsburyreeks nie die pyp teen Potchefstroom Gimnasium kon rook nie, het die o.15-span in hul wegwedstryd beïndruk. Die eerstespan het 168 lopies, almal uit, in 46,1 beurte aangeteken. Glen Groenewald (48), Gerhard Venter (27), Bart Oerlemans (16), Wian Kruger (16) en …

Alhoewel Hoërskool Pietersburg (PHS) se eerste krieketspan Saterdag tydens die vierde ronde van die Finsburyreeks nie die pyp teen Potchefstroom Gimnasium kon rook nie, het die o.15-span in hul wegwedstryd beïndruk.
Die eerstespan het 168 lopies, almal uit, in 46,1 beurte aangeteken. Glen Groenewald (48), Gerhard Venter (27), Bart Oerlemans (16), Wian Kruger (16) en Ivan Reynecke (14) was die uitblinkers tydens Pieties se kolfbeurt, maar Gimmies was te sterk en teken 173 lo­pies vir vier paaltjies in 31,4 beurte aan om die wedstryd met ses paaltjies te wen.
Die o.15-span het Gimmies op hul tuisveld laat les opsê nadat hulle 181 lopies, almal uit, in 47 beurte aangeteken het. Janco van Staden (35), Efan Meyer (34) en Xander Quin (22) het dubbelsyfers behaal.
Tydens hul boulbeurt het die o.15-span se aanval Gimmies se telling tot op 128, almal uit, in 38 beurte beperk en hul kon die wedstryd met 53 lopies wen. Volgens Pieties se krieketorganiseerder, Linki Roodt, is die o.15-span tans twaalfde op die nasio­nale ranglys van die reeks.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

PHS se eerstespanspeler, Bart Oerlemans probeer ‘n grenshou slaan.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button