Sport

Uithourit lok talle inskrywings

Capricorn Uithouritklub se halfjaarlikse uithourit wat Saterdag by die klub se baan buite die stad gehou is, het 48 ruiters gelok. Ruiters wat aan die 120 km afdeling deelgeneem het, het reeds om 03:00 weggespring en is gevolg deur ruiters wat vir die 80- en 40 km afstande kans gesien het. ‘n Trapleerrit oor 66 …

Capricorn Uithouritklub se halfjaarlikse uithourit wat Saterdag by die klub se baan buite die stad gehou is, het 48 ruiters gelok.
Ruiters wat aan die 120 km afdeling deelgeneem het, het reeds om 03:00 weggespring en is gevolg deur ruiters wat vir die 80- en 40 km afstande kans gesien het. ‘n Trapleerrit oor
66 km is ook aangebied.
Volgens ritmeester, Sakkie Olivier, ry die deelnemers teen ongeveer 18 km per uur en word die perde se toestand deur drie veeartse gemonitor wat verseker dat die perde nie ooreis word nie. Die uithourit word twee keer per jaar buite Polokwane aangebied. “Ons hou ook byeenkomste by Munnik en Modimolle en die ouderdomme van gereelde ruiters wissel tussen nege en 60 jaar,” sê Olivier wat beklemtoon dat die dag ‘n gesinsaktiwiteit is wat gesonde ontspanning vir oud en jonk bied. “Gereelde oefening en versorging van die diere is ook ‘n groot deel van die aktiwiteit,” verduidelik hy.
In die 80 km afdeling was Danielle Breed op Hanif, Forward Mapurazi op Arkah Nadimah en Jakkie Mellet op Yentl Makaz onderskeidelik die wenners in die jong ruiters, standaard en swaargewigklasse.
Zané Barnard op Sumika Zafox, AJ Blom op Nadine en Alta Kriegler op Iktarah Khima was onderskeidelik die wenners in die kinder-, jong ruiter- en liggewigklasse oor 80 km, terwyl Werner Kenmuir op Lente, Bertus Dreyer op Braveheart en Schalk van der Merwe op Deo Gratias Roi die standaard, swaar en trapleerklasse gewen het. Carol Short op Stone Croft Nitro het die trapleeritem oor 66 km gewen en Misha Piek op Bouwman Rafeek was die algehele wenner van die 40 km. Vier ruiters het nie die rit voltooi nie.
Wenners is met geskenkbe­wyse en ‘n hoofprys beloon.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Die wenner in die standaardafdeling oor 80 km, Werner Kenmuir, neem op Lente deel.
Anell Bezuidenhout op Smilde Belvior sien kans vir die rit oor 80 km.

Related Articles

Back to top button