Tafelronde in stad slaggereed vir uitdagings

Die Tafelronde in Polokwane is welbekend vir wat hulle doen om minderbevoorregtes te help. Daar is twee klubs in die stad, Tafelronde Pietersburg 22 en Tafelronde Impala 157. Slegs mans van 18 tot 40 jaar kan lede wees en die organisasie se hoofdoel is om kameraadskap aan te moedig en geldinsamelingsgeleenthede vir liefdadigheidsprojekte te hou. …

Die Tafelronde in Polokwane is welbekend vir wat hulle doen om minderbevoorregtes te help.
Daar is twee klubs in die stad, Tafelronde Pietersburg 22 en Tafelronde Impala 157.
Slegs mans van 18 tot 40 jaar kan lede wees en die organisasie se hoofdoel is om kameraadskap aan te moedig en geldinsamelingsgeleenthede vir liefdadigheidsprojekte te hou.
Beide klubs loods elke jaar hulle eie geld­insamelingsprojekte en werk tweejaarliks saam om hul bekende A la Carte-ete aan te bied.
Winter Knights, wat die insameling van komberse en winterklere vir mense in nood bestuur, word ook jaarliks regoor die land deur Tafelronde bestuur.
Die twee klubs het onlangs nuwe be­stuurs­lede gekies en hul suksesse en jaarbeplanning met Polokwane Observer gedeel.

Storie: KAREN VENTER
>>karen@observer.co.za

Related Articles

Back to top button