Local NewsNews

Muni beloof stappe om park veilig te maak

Die Polokwane Munisipali­teit is glo bewus van die probleme wat tans by die park oorkant Hoër Tegniese Skool Tom Naudé heers en beloof om stappe te neem en voorsorgmaatreëls te tref om dit hok te slaan. Polokwane Observer het verlede week oor onder andere prostitusie, alkoholmisbruik, geraas, rom­mel- ­­strooiery en leeglêery in die park berig. …

Die Polokwane Munisipali­teit is glo bewus van die probleme wat tans by die park oorkant Hoër Tegniese Skool Tom Naudé heers en beloof om stappe te neem en voorsorgmaatreëls te tref om dit hok te slaan.
Polokwane Observer het verlede week oor onder andere prostitusie, alkoholmisbruik, geraas, rom­mel-
­­strooiery en leeglêery in die park berig. Disree Manya­ne, assistent-kommunika­siebestuurder van die munisipaliteit sê daar is reeds planne vir remediërende aksie deur die omgewingsbestuurdepartmente in plek.
‘n Kennisgewingbord met reëls en regulasies sal onder meer opgerig word om die munisipale owerhede sowel as die polisie toe te laat om die perseel te patrolleer en wetgewing toe te pas.
“Ons is besig met beplanning om ‘n palissadeheining om die park op te rig wat mense slegs toegang deur ‘n afgebakende hek sal gee.
“Sodra die tuine en besproeiing geïnstalleer is, sal dit mense verhoed om met voertuie onder bome en elders in die park te parkeer,” sê Manyane.
Sy sê daar is reeds vir begroting in die volgende finansiële jaar aangevra om ablusiegeriewe in verskeie parke in die stad op te rig en het ‘n beroep op gemeenskapslede gedoen om die stad se parke op te pas en ander persone wat van die geriewe gebruik maak, te respekteer.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button