Kansa sluit jaar met stalletjies, Kerssang af

Kansa Polokwane se kermis wat Saterdag by die Cansa Wellness Care-sentrum in die stad gehou is, het gesorg dat inwo­ners wat nie reeds met vakansie vertrek het nie rustig saam kon kuier. ‘n Teetuin, springkasteel en stalletjies waar onder meer worsrolle, hamburgers, pannekoek, tuisgebak en geskenke te koop was, het verseker dat elkeen wat ‘n …

Kansa Polokwane se kermis wat Saterdag by die Cansa Wellness Care-sentrum in die stad gehou is, het gesorg dat inwo­ners wat nie reeds met vakansie vertrek het nie rustig saam kon kuier.
‘n Teetuin, springkasteel en stalletjies waar onder meer worsrolle, hamburgers, pannekoek, tuisgebak en geskenke te koop was, het verseker dat elkeen wat ‘n verdienstelike saak wou ondersteun, ‘n bydrae kon maak.
By Kansa se stalletjie was Wilna van den Heever, Kansa Waterberg se Fotofinder-spesialis, gereed om gevaartekens van velkanker met ‘n spesiale apparaat te identifiseer en sonbrandolie was beskikbaar. Die dag is afgesluit met die sing van Kersliedere.
Christopher Combrink, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Polokwane sê dat die dag ‘n sukses was en bedank die publiek vir hulle ondersteuning.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Deon de Jager en Michael Clay wys die geskenke wat te koop was.
Judith en Bok van Kraayenburg beman die Rotariërklub van Pietersburg 100 se koel­drankstalletjie.
Dalien van Jaarsveld en Louis Stephens verkoop worsbroodjies.

Related Articles

Back to top button