Local NewsNews

Geneesheer, broodboomkenner, Diekie de Klerk sterf

Bekende ortopeed en jare lange in­woner van die stad, Diekie de Klerk, is Maandagoggend in die ouderdom van 70 jaar oorlede. Volgens sy dogter, Kitah het hy sedert 1980 in die stad gepraktiseer nadat hy hom aan die Universiteit van Pretoria as geneesheer en spesialis bekwaam het. “My pa was baie lief vir jag en …

Bekende ortopeed en jare lange in­woner van die stad, Diekie de Klerk, is Maandagoggend in die ouderdom van 70 jaar oorlede.
Volgens sy dogter, Kitah het hy sedert 1980 in die stad gepraktiseer nadat hy hom aan die Universiteit van Pretoria as geneesheer en spesialis bekwaam het. “My pa was baie lief vir jag en het alles met ‘n passie gedoen. Hy het soveel mense genees en dit het hom baie geluk en bevrediging gebring. Hy was ons rots en held. Ons gaan hom baie mis,” sê sy.
De Klerk was ook bekend as navor­ser en kweker van broodbome. Sy boek ‘Encephalartos nubimontanus – A distinction between 11 variants’ is in 2004 gepubliseer en word as ‘n gesaghebben­de bron beskou.
Hy het hom beywer vir die bewa­ring van dié bome, waarvan sekere spesies besig is om uit te sterf. De Klerk het sedert 1984 broodbome gekweek en sy eerste saailinge in 1992 geproduseer.
‘n Vriend van die gesin, Pieter Vor­ster, sê hy sal hom onthou as ‘n mens wat baie ander geïnspireer het. “Hy was die perfekte gasheer en baasbraaier wat ook heerlike kos kon maak,” sê Vorster.
Benewens Kitah laat hy sy vrou, Karin, en dogters Minnette, Elzanne en Mischa, seun Ruan, skoonseuns, Derek en Theo, skoondogter, Marlise en kleinkinders Migah, Anje, Arabella en Octavia agter. ‘n Herdenkingsdiens word Vrydag om 15:00 by Pleinstraat 78 gehou.

Storie: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button