Local NewsNews

Gemeenskap om hulp gevra na inbraak

Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereni­ging het ongeveer R62 000 se skade gelei nadat skurke verlede Saterdag­aand by die perseel ingebreek, die kantore geplunder en verskeie items gesteel het. Kantoorbestuurder en maatskaplike werker van by die vereniging, Lorette Bosch sê die inbrekers het toegang tot die kantoor verkry deur ‘n venster aan die agterkant van die gebou …

Polokwane Kinder- en Gesinsorgvereni­ging het ongeveer R62 000 se skade gelei nadat skurke verlede Saterdag­aand by die perseel ingebreek, die kantore geplunder en verskeie items gesteel het.
Kantoorbestuurder en maatskaplike werker van by die vereniging, Lorette Bosch sê die inbrekers het toegang tot die kantoor verkry deur ‘n venster aan die agterkant van die gebou te breek. “Hulle het die alarmstelsel ontkoppel en elke kas en laai deursoek. Die kluis en kaste wat gesluit was, is oopgebreek en kontant is gesteel. Hulle het ook rekenaars, die kringtelevisie-kamerastelsel, ‘n televisie en TV-speletjies gebuit,” sê Bosch.
Gelukkig was daar ten tye van die voorval geen inwoners in die krisissentrum wat ook op die perseel is nie, maar omdat die booswigte so maklik toegang tot die gebou gekry het, vrees Bosch nou vir die veiligheid van die huismoeder en kinders wat soms inbly.
“Ons sal dringend die sekuriteit moet verbeter en het reeds kwotasies gekry. Ons kan egter nie die R60 000 bekostig nie en hoop Polokwane-inwoners en sakelui sal hul harte en hande oopmaak,” sê Bosch.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe het die voorval bevestig.
Skakel Bosch by 084 547 0886 of 015 297 3326 vir meer inligting of donasies.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button