Local NewsNews

Veertien sterf in twee dae op paaie

Die polisie ondersoek sake van roekelose en nalatige bestuur nadat 14 mense Saterdag en Sondag in drie afsonderlike botsings in die provinsie omgekom het. Tien mense is Sondag omstreeks 15:30 op die R555 naby De Hoopdam dood toe ‘n minibustaxi en bakkie gebots het. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi, sê die bakkie het vermoedelik ‘n U-draai …

Die polisie ondersoek sake van roekelose en nalatige bestuur nadat 14 mense Saterdag en Sondag in drie afsonderlike botsings in die provinsie omgekom het.
Tien mense is Sondag omstreeks 15:30 op die R555 naby De Hoopdam dood toe ‘n minibustaxi en bakkie gebots het. Provinsiale polisiewoordvoerder, Mamphaswa Seabi, sê die bakkie het vermoedelik ‘n U-draai voor die aankomende taxi gemaak. Een persoon in die bakkie en nege passa­siers in die taxi, insluitend ‘n tweejarige meisie, is op die toneel dood. Sewe ander is ernstig beseer. Seabi sê sewe van die tien oorledenes is reeds geïdentifiseer.
Vroeër dieselfde dag is drie mense tydens ‘n kop-teen-kopbotsing op die N1 tussen Modimolle en Mookgophong dood. Die bestuurder van ‘n Volkswagen Polo het blykbaar beheer oor sy voertuig verloor en trompop teen ‘n Isuzu-bakkie gebots. Drie insittendes van die Polo is dood terwyl ses mense ernstig beseer is.
Saterdag omstreeks 07:30 is twee mense dood en vier ernstig beseer toe die bestuurder van ‘n Toyota op die R36 tussen Modja­djiskloof en Tzaneen beheer om ‘n skerp draai verloor en die voertuig omgeslaan het.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die wrak van ‘n Volkswagen Polo waarin drie mense Sondag op die N1 tussen Modimolle en Mookgophong omgekom het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button