Local NewsNews

BREAKING NEWS – Vermeende aanvaller op Leeuwkuil doodgeskiet

‘n Beweerde gewapende rower is gisteraand (Donderdag) op ‘n kleinhoewe in die Leeuwkuilgebied doodgeskiet nadat hy en medepligtiges glo by ‘n plaashuis wou inbreek. Die provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê hulle is besig met ‘n soektog na die ander verdagtes. Die hoewe-eienaar het die honde hoor blaf en ondersoek ingestel waarna hy glo twee gewapende …

‘n Beweerde gewapende rower is gisteraand (Donderdag) op ‘n kleinhoewe in die Leeuwkuilgebied doodgeskiet nadat hy en medepligtiges glo by ‘n plaashuis wou inbreek.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê hulle is besig met ‘n soektog na die ander verdagtes.
Die hoewe-eienaar het die honde hoor blaf en ondersoek ingestel waarna hy glo twee gewapende skurke buite die huis gewaar en ‘n waarskuwingskoot gevuur het. Die vermeende aanvallers het glo daarna op die vlug geslaan, maar later teruggekeer en glo verskeie skote deur die huis se glasdeur gevuur waarna die eienaar teruggeskiet het en een noodlottig gewond is,volgens Ngoepe.
“Die oorledene is in sy 30’s en nog ongeïdentifiseer. Die aanvallers het niks van die hoewe gesteel nie,” sê Ngoepe.
‘n Saak van huisroof en poging tot moord word ondersoek. ‘n Geregtelike doodsondersoek na die dood van die verdagte word ook gedoen.
Enigiemand met inligting kan Wilson Dikgale van die Westenburg polisie by 082 565 8566 skakel.

Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Related Articles

Back to top button