Pieties vir sport-, kultuurprestasies beloon
Leerders wat deur die jaar aan kultuur- en sportaktiwiteite deelgeneem het, is vir hul harde werk bedank en uitblinkers is met erekleure, sertifikate en trofeë beloon tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se prysuitdeling. Sportprysuitdeling: ‘n Totaal van 528 sertifikate vir deelname en verdienstelikheid is aan die sportspanne oorhandig terwyl sommige individue erekleure of trofeë as uitstaande …
Leerders wat deur die jaar aan kultuur- en sportaktiwiteite deelgeneem het, is vir hul harde werk bedank en uitblinkers is met erekleure, sertifikate en trofeë beloon tydens Hoërskool Pietersburg (PHS) se prysuitdeling.
Sportprysuitdeling:
‘n Totaal van 528 sertifikate vir deelname en verdienstelikheid is aan die sportspanne oorhandig terwyl sommige individue erekleure of trofeë as uitstaande presteerders ontvang het.
Kultuurprysuitdeling:
Meer as 400 sertifikate is tydens die kultuurprysuitdeling aan leerders toegeken.
Dié wat uitnemend presteer het, het erekleure ontvang en leerders is vir onder meer vir hul deelname en prestasie in redenaars, debat, ekspo’s, English storytelling en olimpiades vereer. Kultuurorganiseerder, Magda Thiart sê kultuur het ‘n spogaktiwiteit by die skool geword en het al die deelnemende leerders vir hul harde werk bedank.
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com