Local NewsNews

Drie beweerde misdadigers vasgetrek

Die polisie het Maandag drie verdagtes wat moontlik deel van ‘n sindikaat kan wees op die hoek van Devenish- en Kerkstraat aangekeer en onder meer handwapens, ‘n aanvalsgeweer, hope ammunisie, plofstof en messe gekonfiskeer. Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die polisie het ‘n verdagte Volks­wagen Polo met vier insittendes opgemerk en agtervolg. Hulle het die …

Die polisie het Maandag drie verdagtes wat moontlik deel van ‘n sindikaat kan wees op die hoek van Devenish- en Kerkstraat aangekeer en onder meer handwapens, ‘n aanvalsgeweer, hope ammunisie, plofstof en messe gekonfiskeer.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe sê die polisie het ‘n verdagte Volks­wagen Polo met vier insittendes opgemerk en agtervolg. Hulle het die polisie gewaar en weggejaag, maar is in die onderdorp vasgekeer waarna een vermeende misdadiger uit die motor gespring en weggehardloop terwyl die ander drie gearresteer is.
Die voertuig is deursoek en drie handwa­pens met 59 rondtes ammunisie, ‘n R4-aan­valsgeweer met 35 rondtes ammunisie, plof­stof, vier selfone en drie messe is gevind.
Ngoepe sê hulle vermoed die gearresteer­des is deel van ‘n groter sindikaat wat veral geldwaens en Outomatiese Tellermasjiene (OTM) in gebiede in die provinsie teiken. Die drie is tussen 24 en 34 jaar oud en sal onder meer op aanklagte vir die besit van ongelisensieerde vuurwapens, ammunisie, plofstof en gevaarlike wapens in die Polokwane landdros­hof verskyn.
Die polisie is besig om die moontlikheid dat dié groep by verskeie onlangse voorvalle van gewapende roof betrokke was, te ondersoek. Provinsiale polisiekommissaris, Nneke Ledwaba het die polisiebeamptes wat die mans in hegtenis geneem het vir hul goeie werk bedank.

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button