Local NewsNews

BREAKING NEWS – Wagte beroof terwyl hulle geld by vulstasie oplaai

Sekuriteitswagte wat geldkaste by Elegant Fuel op die hoek van Marshall- en Websterstraat opgelaai het, is vroeër vanoggend (Dinsdag) deur gewapende skurke beroof. Volgens die eienaar van die vulstasie, Frank Hislop het die voorval ongeveer 10:15 gebeur toe sekuriteitswagte van die Fedility Security Group opgedaag het om geld op te laai. “Die wagte het by …

Sekuriteitswagte wat geldkaste by Elegant Fuel op die hoek van Marshall- en Websterstraat opgelaai het, is vroeër vanoggend (Dinsdag) deur gewapende skurke beroof.
Volgens die eienaar van die vulstasie, Frank Hislop het die voorval ongeveer 10:15 gebeur toe sekuriteitswagte van die Fedility Security Group opgedaag het om geld op te laai.
“Die wagte het by die winkel ingestap en die eerste stel geldkaste geneem en in die geldwa gelaai waarna hulle teruggekeer het om die tweede stel te kom haal. Toe hulle by die winkel uitstap, het die rowers hulle oorval, die kaste gegryp en in ‘n silwer Volkswagen Golf gevlug,” sê Hislop. Die voertuig het blykbaar vervalste registrasienommers.
Hy vermoed daar was ongeveer drie of vier verdagtes betrokke. Geen skote is gevuur en niemand is beseer nie.
Die provinsiale polisiewoordvoerder, Moatshe Ngoepe kon nog nie die voorval bevestig nie.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

‘n Foto van die silwer Volkswagen Golf waarin die skurke gevlug het.

Related Articles

Back to top button